# Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê hoër vlakke van infrastruktuurbelegging staan sentraal in die verbetering van die voortgesette lae vlakke van ekonomiese groei. Suid-Afrika se bruto binnelalndse produk het in die tweede kwartaal vanjaar met 0,2-persent gedaal. Die regering beoog om oor die volgende drie jaar een-duisend-miljard-rand regstreeks in die infrastruktuur te belê en terselfdertyd die privaat sektor te betrek om met netwerkontwikkeling, logistiek en water te help. Godongwana sê die agterstand in die infrastruktuurgeleenthede is nie hoofsaaklik weens finansiële redes nie, maar die vermoë om te implementeer.
Minister Godongwana sê infrastruktuurbelegging staan sentraal in ekonomiese groei