# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, doktor Johnstone Makhubu, sê die land se fiskale toekoms hang af van ‘n betroubare belastingadministrasie wat ondersteun word deur bekwame mense, intelligente stelsels, volhoubare belegging en sterk vennootskappe. Hy het gister tydens sy toespraak by die Belastingindaba in Johannesburg gesê Suid-Afrika se belastingstelsel is fundamenteel gesond en steeds veerkragtig. Makhubu het beklemtoon die toekomstige sukses van die belastingstelsel word deur sleutelprioriteite bepaal, insluitend die verkryging van volhoubare finansiering en vinniger modernisering:
Inkomstediens-kommissaris sê Suid-Afrika se belastingadministrasiestelsel bly bestendig en veerkragtig [KLANK]
ENG MakhubuOnEconomy