# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore ná ‘n kort reses. Die kommissie verskuif nou sy fokus na die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement, een van die wetstoepassingsagentskappe wat in sy opdrag geïdentifiseer is. Woordvoerder Jeremy Michaels sê die kommissie sal getuienis aanhoor oor die infiltrasie van die JMPD deur misdaadnetwerke, en heimlike samewerking tussen metropolisie-beamptes en misdaadsindikate. ‘n Senior JMPD-beampte, wat nog nie geïdentifiseer is nie, sal vandag getuig.
Madlanga-kommissie hervat verhore, fokus op Johannesburg Metropolisiedepartement