# Die Vereniging van Staatsamptenare het die afdanking van die uitvoerende hoof van die Regeringspensioenadministrasie-agentskap, Kedibone Madiehe, ná ‘n dissiplinêre verhoor, verwelkom. Die verhoor het gevolg na ‘n forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede met verkryging wat verband hou met kantoorruimte, ‘n kontrak vir sekuriteitsdienste en korporatiewe klere vir werknemers. Claude Naiker van die vakbond sê die afdanking is ‘n belangrike stap in die rigting van die verbetering van aanspreeklikheid en goeie bestuur by die agentskap:
Staatsdiensvakbond sê die afdanking van hoof van pensioenadministrasie-agentskap behoort vertroue te herstel [KLANK]
ENG NaikerOnMadieheDismissal