# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel Vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in dele van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap. ‘n Afsny-laagdrukstelsel sal na verwagting verspreide buie en donderbuie veroorsaak, met reën van tussen 25- en 80-millimeter. Die Weerdiens waarsku oor die moontlike oorstroming van paaie en nedersettings, die sluiting van bergpasse en brûe en verkeersontwrigting, en vra motoriste om versigtig te wees.
Weerdiens waarsku oor ontwrigtende reën in Wes- en Noord-Kaap