# Die organisasie teen Belasting Misbruik sê Eskom het opgehou om huishoudings wat nie hul sonkragstelsels registreer nie, te dreig met boetes of om hulle kragtoevoer af te sny. Die nutsmaatskappy het ook die vereiste laat vaar dat ‘n geregistreerde professionele persoon hierdie stelsels moet goedkeur. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê Eskom het steeds nie die wetlike grondslag waarvolgens huishoudings met sonkragstelsels van minder as 100 kilowatt hul stelsels moet registreer nie. Duvenage het huiseienaars aangemoedig om toe te sien dat hul stelsels veilig is en oor ‘n geldige sertifikaat van voldoening beskik.
OUTA sê Eskom beweeg weg van dreigemente oor huishoudelike sonkragregistrasie