# AfriForum vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, af te dank. Die minister het onder skoot gekom na ʼn video waarop sy tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Loerie in die Oos-Kaapse Kouga-munisipaliteit op ʼn gestremde inwoner vloek. Lambert de Klerk van AfriForum sê Majodina se gedrag druis in teen ministers se etiese kode. Hy sê parlementslede wat hierdie gedrag veroordeel, moet ʼn klag indien by die Openbare Beskermer in terme van die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag:
AfriForum sê minister Majodina moet afgedank word nadat sy op ’n inwoner vloek [KLANK]
AFR DeKlerkOnMajodina