Skip to content

Minister Godongwana sê die Inkomstediens is besig om onwettige finansiële vloei aan bande te lê

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskerp sy stryd teen onwettige finansiële vloei en die breër onwettige ekonomie. Gedurende die 2024/2025-boekjaar het die diens 10-duisend-142 beslagleggings by doeanes ter waarde van 6,3-miljard-rand aangeteken. Die diens het ook 763,7-miljoen-rand deur brandstof- en petroleumskemas ingevorder en 6,1-miljard-rand in verband met BTW-bedrog en die onwettige handel in goud. In reaksie op ‘n parlementêre vraag sê Godongwana hierdie resultate toon die werk van die Inkomstediens om onwettige finansiële vloei te bekamp, ​​is aktief en gekoördineerd en kan verbind word met die regstreekse verhaling van inkomste.