# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ses Suid-Afrikaners word steeds vermis na die verwoestende kitsvloede in Nepal en Tibet. DNS-profiele van hul familielede is na die Nepalese polisie en Interpol gestuur om te help om slagoffers te identifiseer, met Suid-Afrikaanse diplomatieke missies in Indië en China wat ook met die soektog help. Die ses tel onder die meer as vyf-duisend mense wat steeds vermis word nadat ‘n gletserineenstorting ‘n reusevloed van water en modder veroorsaak het.
DIRCO stuur DNS-profiele vir soektog na vermiste Suid-Afrikaners in Nepal