# Die korrupsiesaak teen die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal Woensdag hervat in die Hooggeregshof in Pretoria. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie sê dis uitgestel nadat haar regsverteenwoordiger ‘n mediese sertifikaat ingedien het. Mapisa-Nqakula staan tereg op talle aanklagte van korrupsie en geldwassery. Mamothame sê sy word daarvan beskuldig dat sy 4,5-miljoen-rand se omkoopgeld geëis het toe sy minister van Verdediging was – 2,1-miljoen-rand daarvan in kontant:
Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak uitgestel weens swak gesondheid [KLANK]
ENG-MamothameOnMapisa-Nqakula