# City Power het op sowat 180-kilogram kabels en drie elektrisiteitspale ter waarde van ongeveer 200-duisend-rand beslag gelê tydens ‘n operasie teen onwettige verbindings in Alexandra. Die operasie, wat saam met die polisie en die Johannesburgse Metropolisie uitgevoer is, het gefokus op gevaarlike verbindings langs Londonweg en die Greenville-informele nedersetting. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê die onwettige verbindings, insluitend oop kabels naby Zenzele Laerskool, hou ‘n ernstige risiko van elektriese skok, brande en kragonderbrekings in:
Beslag gelê op onwettige elektrisiteitstoerusting ter waarde van R200 000 in Alexandra [KLANK]
ENG MangenaOnOperation