# Die staat het die Landdroshof in Brakpan meegedeel ‘n voormalige lid van die polisie se Spesiale Taakmag, Matipandile Sotheni, was in besit van ‘n selfoon terwyl hy in aanhouding was. Die aanklaer, Trott Mphahlele, sê die selfoon is ontdek toe die tronk op 2 September deursoek is en is na bewering gebruik om met iemand oor sy moordsaak te praat. Sotheni staan tereg op 16 aanklagte, insluitend die beweerde moord op Getuie D in die Madlanga-kommissie, bekend as Marius van der Merwe. Die staat vra meer tyd om die ondersoek af te handel. Die saak is tot 2 November uitgestel:
Staat sê Sotheni het selfoon gehad wat gebruik is om moordsaak te bespreek