# Iran se Revolusionêre Wag sê hy het ballistiese missiele op ‘n basis in Jordanië afgevuur wat deur die Amerikaanse Weermag gebruik word, en tien skepe aangeval nadat Amerika aangekondig het vyf Iranse olietenkskepe is vernietig. Dit dui op ‘n verergering van die oorlog van ses maande. Toenemende wedersydse aanvalle het ‘n maand van betreklike kalmte beëindig en militêre, skeepsvaart- en energiebates geteiken. Dit het oliepryse laat opskiet en al meer streeksbondgenote by die konflik betrek. Jordanië sê sy lugverdedigingstelsels het 18 van die 20 Iranse missiele onderskep, sonder enige ongevalle.
Iran teiken Amerikaanse basis in Jordanië en olietenkskepe in Seestraat van Hormoes