# Die geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko is tydelik opgeskort. Sy familie het ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Gqeberha in die Oos-Kaap gebring om die verrigtinge op te skort omdat hulle meer tyd nodig het om behoorlik voor te berei. Die familie sê honderde dokumente moet nog noukeurig bestudeer word, waarvan sommige uit Afrikaans vertaal moet word. Die hof het die aansoek toegestaan. Die geregtelike ondersoek poog om die omstandighede rondom Biko se dood in polisie-aanhouding in 1977 te bepaal.
Geregtelike ondersoek na Steve Biko se dood uitgestel op versoek van familie