Skip to content

Zimbabwiese matrieks keer terug na Suid-Afrika vir hul eindeksamen

# Graad 12-leerders van Zimbabwe wat Suid-Afrika verlaat het ná die immigrasie-sperdatum van 30 Junie, word teruggebring om hul matriek-eindeksamen te skryf. Die koördinerende komitee vir Zimbabwiese vrystellingspermitte sê die leerders sal in ‘n koshuis in Johannesburg tuisgaan voor die eksamen, wat volgende maand begin. Sowat 35-duisend leerders het volgens berigte tussen Mei en September saam met hul ouers teruggekeer Zimbabwe toe te midde van deportasies en spanning oor immigrasie. Die akademie versoek leerders om hierdie week terug te keer sodat hul kan voorberei.