# Nege natuurbewaringsorganisasies uit ses Suider-Afrikaanse lande het die Alliansie vir Veilige Aasvoëlsones begin om die skerp afname in aasvoëlgetalle te bekamp. Die alliansie sluit BirdLife-organisasies in Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe in, asook BirdWatch Zambië, Natuurbewaring Tanzanië en Malawi se Omgewings- en Natuurbewaringsvereniging. Bewaringskundiges sê vergiftiging, verlies aan habitat en kraglyne bedreig die voëls. Aasvoëlgetalle het oor die afgelope vyf dekades met tot 97-persent afgeneem, met ses van Afrika se elf spesies wat tans as bedreig of kritiek bedreig geklassifiseer word. Die veilige sones strek oor meer as twee-miljoen hektaar.
Suider-Afrikaanse groepe verenig om aasvoëls te beskerm