# Rolspelers in die bedryf het op die Electra-mynbou-Afrika-uitstalling in Johannesburg gewaarsku Suid-Afrika se mynbedryf kan die groeiende oplewing in kritieke minerale misloop weens ‘n vaardigheidstekor. Die verskuiwing na elektriese tegnologie en skoner energie versterk die vraag na minerale soos koper. Kenners sê dringende stappe is nodig om die vaardigheidstekort aan te pak en potensiaal te ontsluit. Die president van die Suider-Afrikaanse Instituut vir Mynbou en Metaalkunde, Gary Lane, sê daar is nie ‘n tekort aan gegradueerdes nie, maar eerder aan ervare en bekwame beroepslui om doelwitte te verwesenlik.
Vaardigheidstekort bedreig Suid-Afrika se kritieke minerale-oplewing