Skip to content

Minister Tau wil Suid-Afrika as aantreklike beleggingsbestemming vestig

# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy wil die AIM-kongres gebruik om Suid-Afrika as ‘n geloofwaardige, mededingende en aantreklike beleggingsbestemming te vestig. Die kongres, wat gister begin het, is ‘n vlagskipbeleggingsplatform van die AIM Wêreldstigting wat jaarliks ​​in die Verenigde Arabiese Emirate gehou word. Die geleentheid sal globale ekonomiese uitdagings aanspreek en beleggingsgeleenthede ondersoek. Tau sê Suid-Afrika bied die internasionale beleggingsgemeenskap verskeie sterk moontlikhede, onder meer, gesofistikeerde finansiële en dienstesektore, gevestigde industriële vermoëns en uitgebreide infrastruktuur.