Skip to content

Popcru blameer die Rooigrond-gevangenisontsnapping op vervalle infrastruktuur [KLANK]

# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie sê swak infrastruktuur by die Rooigrond-korrektiewe sentrum naby Mahikeng in Noordwes plaas gevangenisveiligheid in gevaar. DIt volg na die ontsnapping van ‘n gevangene. Die vakbond sê die fasiliteit ondervind lank reeds probleme, insluitend oorbevolking, watertekorte en beskadigde infrastruktuur. Popcru se provinsiale sekretaris, Johannes Dire, vra vir ‘n dringende ondersoek, herstelwerk en sekuriteitsbeoordelings, en waarsku korrektiewe beamptes moet nie vir breër infrastruktuurmislukkings blameer word nie:

ENG DireOnInfrastructureFailures