# Suid-Afrika se 21ste jaarlikse Nasionale Parke-week vind van vandag af tot 13 September plaas. Suid-Afrikaners kry gedurende dié week gratis dagtoegang tot deelnemende nasionale parke. Die aanbod sluit onder meer die Krugerwildtuin in Limpopo en Mpumalanga, die Weskus Nasionale Park in die Wes-Kaap en die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap in. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê verblyf, wildritte en ander betaalde dienste is nie ingesluit nie:
Minister Maynier moedig Suid-Afrikaners aan om nasionale parke tydens Parke-week te verken [KLANK]
ENG MaynierOnParksWeek