Skip to content

Wes-Kaapse departement dreig met regstappe teen CATA en CODETA

# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid verwelkom die mylpaal-vredesooreenkoms wat die taxiverenigings CATA en CODETA onderteken het ná weke van dodelike taxigeweld. Die ooreenkoms volg op noodlottige aanvalle wat verband hou met ‘n geskil oor die winsgewende Somerset-Wes-roete. Woordvoerder Muneera Allie sê die departement verwag van alle partye om hul verpligtinge na te kom. Sy waarsku die departement sal nie sal huiwer om die nodige afdwingingsmaatreëls in te stel indien onwettige optrede plaasvind nie.