# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die beste manier om gevalle beamptes te vereer, is om ʼn polisiediens te bou wat gegrond is op professionaliteit, dissipline, integriteit en dapperheid. Dit was gister die jaarlikse nasionale SAPD-herdenkingsdag in Pretoria, waar 12 beamptes wat tussen April verlede jaar en Maart vanjaar dood is, vereer is. Hulle is dood terwyl hulle gereageer het op misdade, verdagtes agtervolg het, of ander beskerm het. Cachalia sê daar is opgetree teen die mense wat vir hierdie moorde verantwoordelik was:
Waarnemende minister van Polisie sê diens moet lede beskerm en gemeenskappe se vertroue verdien [KLANK]
ENG CachaliaOnAction