# Die Nasionale Mynwerkersvakbond het solidariteit met die mense van Nepal uitgespreek na verwoestende kitsvloede langs die Nepal-China-grens. Meer as een-duisend-twee-honderd mense is dood, terwyl ongeveer vier-duisend steeds vermis word met soek- en reddingsoperasies wat voortduur. Die vakbond se hoofsekretaris, Mpho Phakedi, het die internasionale gemeenskap en die Suid-Afrikaanse regering versoek om dringend humanitêre hulp te verleen. Hy sê duisende gesinne is dakloos, met baie wat sonder skuiling, kos en medisyne gelaat is.
Mynwerkersvakbond verklaar solidariteit met Nepal se vloedslagoffers