Skip to content

Twee werkers na ’n week gered uit ’n hidrokrag-tonnel in Nepal

# Reddingswerkers het twee werkers lewend uit ʼn hidrokragtonnel in Nepal gehaal. Dit volg meer as ʼn week nadat hulle tydens die rampspoedige oorstroming op die Nepal-China-grens in ʼn tonnel van die Trishuli-3-hidrokragprojek vasgekeer is. Sanjaya Shah en Kabir Maharjan het beserings aan hul hande en bene opgedoen. Minstens 39 ander sal na verwagting ook uit die tonnel gered word. Sowat 900 werkers by 12 hidrokragprojekte in Nepal word vermis en ongeveer 500 is waarskynlik in tonnels vasgekeer.