# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom president Cyril Ramaphosa se magtiging van ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die toekenning van ‘n padonderhoudsprojek in Noordwes. Die ondersoek sluit die P152-pad vanaf Setlagole en die P34-pad in Delareyville in. Die departement sê hy sal ten volle saamwerk en het reeds die nodige dokumente by die provinsiale departement aangevra. Die departement sê sy betrokkenheid by die Artikel 100-ingryping was gerig op die verbetering van aanspreeklikheid en om infrastruktuurprojekte te herstel.
Departement van Openbare Werke verwelkom SOE-ondersoek na Noordwes-padprojek