Skip to content

VN waarsku wêreld gaan binnekort die 1,5°C-verwarmingsdrempel oorskry

# Die Verenigde Nasies sê aardverwarming sal waarskynlik binne die volgende paar jaar die verwarmingsdrempel van 1,5-grade Celsius oorskry, met temperature wat selfs in die gunstigste omstandighede met tot 1,8-grade Celsius kan styg. Die VN-verslag sê huidige beleid kan lei tot verwarming van ongeveer 2,6-grade Celsius. Wetenskaplikes waarsku enige verdere styging in temperatuur kan die gevaar van klimaatsverwante rampe verhoog. Hulle sê fossielbrandstof-uitstralings moet dringend verminder word, en die verwydering van koolstofdioksied kan help om temperature later dié eeu weer tot onder die drempel van 1,5-grade Celsius te laat daal.