Skip to content

Mashatile se skoonseun betaal R12,6-miljoen terug aan Gauteng Vennootskapfonds

# Adjunkpresident Paul Mashatile se skoonseun, Nceba Nonkwelo, het die 12,6-miljoen-rand wat hy aan die Gauteng Vennootskapfonds skuld, terugbetaal as deel van ‘n skikkingsooreenkoms. ‘n Reeks mediaberigte van News24 het aangevoer Nonkwelo Beleggings het tussen 2013 en 2017 lenings ter waarde sowat 30-miljoen-rand van die fonds ontvang vir die oprigting van studentebehuising in Johannesburg wat nooit voltooi is nie. Hy het ook ‘n huis ter waarde van 37-miljoen vir Mashatile en sy vrou gekoop. Nonkwelo het aan News24 gesê die saak is nou afgehandel.