Skip to content

Parlementêre komitee verwelkom uitslag van Dirco-ondersoek na Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking verwelkom die uitslag van die ondersoek na die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Sooklal van alle blaam onthef nadat hy dieselfde godsdiensgeleentheid as oudpresident Jacob Zuma en staatskaping-verdagte, Ajay Gupta, in Haridwar, Indië, bygewoon het. Die komiteevoorsitter, Supra Mahumapelo, sê hulle is tevrede dat die saak deursigtig en volgens die nodige prosesse hanteer is.