# Die Nasional Taxi-alliansie sê bespiegelings oor taxi-tariefverhogings na aanleiding van die jongste brandstofprysverhoging is voortydig. Petrolpryse het met een-rand-34-sent per liter gestyg, terwyl diesel tussen twee-rand-93 sent en drie-rand-14 sent duurder is, afhangende van die graad. NTA-woordvoerder Theo Malele sê die verhogings het die taxibedryf ‘n groot knou toegedien. Hy sê tariefaanpassings moet deeglik oorweeg word en waarsku hoër tariewe kan passasiers wegdryf. Bedryfsleiers vergader binnekort om die impak te bepaal.
Taxi Alliance versigtig oor tariefaanpassings ná brandstofprysverhoging