# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Suid-Afrika se hoëkommissaris in Indië, Anil Sooklal, van enige skuld onthef nadat oudpresident Jacob Zuma die Guptas in Junie in die Asiese land besoek het. Die ondersoek is ingestel na berigte dat Sooklal gehelp het om die ontmoeting tussen Zuma en die Gupta-broers te reël. Die departement sê Sooklal het binne die perke van sy mandaat opgetree en protokol gevolg. Hy sê sy ondersoek het geen bewyse gevind dat hy die besoek bemiddel het of vooraf bewus was daarvan nie.
Hoëkommissaris Sooklal vrygespreek rakende Zuma se besoek aan Guptas in Indië