Skip to content

Kommissie behou heffing van 27,26% op Egiptiese glasinvoere

# Die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie het aanbeveel dat die heffing van 27,26-persent op die invoer van deursigtige glas uit Egipte behoue bly. Die besluit volg op ‘n hersiening wat op versoek van PFG Building Glass, ‘n afdeling van die PG-groep, gedoen is. Itac het bevind om die heffing te staak sal waarskynlik daartoe lei dat plaaslike vervaardigers weer benadeel word deur goedkoop invoere uit Egipte. Die heffing geld vir deursigtige glas met ‘n dikte van tussen 2,5 en ses millimeter, wat in die bou-, motor- en meubelbedryf gebruik word.