# Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540-duisend diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757-duisend-340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê dit beteken meer as 200-duisend dosisse is nie toegedien nie wat pogings belemmer om die uitbreking te bekamp:
DA sê Gautengse Landboudepartement kan nie rekenskap gee van meer as 200 000 bek-en-klouseer-entstofdosisse nie [KLANK]
AFR EngelbrechtONVaccineDoses