# Nepal se minister van Buitelandse Sake, Shisir Khanal, sê hy hoop steeds die byna vierduisend mense wat vermis word na verlede week se dodelike kitsvloede, kan nog gered word. Onder die vermistes is meer as 600 werkers wat vermoedelik vasgekeer is in ‘n groot netwerk van moddergevulde tonnels by hidrokragaanlegte langs die Trishuli-rivier. Die dodetal ná die verwoestende Himalaja-gletservloed het tot meer as duisend gestyg. Khanal sê reddingsoperasies duur voort met die ondersteuning van die internasionale gemeenskap. Hy sê wonderwerke gebeur wel:
Nepal se minister van Buitelandse Sake hoop sommige van die duisende vermistes kan steeds gered word [KLANK]
ENG KhanalOnRescueEfforts