# Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie vra voorlopige maatreëls van tot 28,11-persent op die invoer van kleurbedekte staal uit China. Die maatreëls, wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan toepas, sal ses maande geld. Vervaardigers ArcelorMittal Suid-Afrika en Safal Steel het gekla Chinese staal word teen pryse onder markwaarde in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie bemark, wat plaaslike vervaardigers wesenlik benadeel. Itac vra belanghebbendes om binne 14 dae skriftelike kommentaar oor sy voorlopige bevindings in te dien.
Voorlopige heffing van 28% op Chinese staaluitvoere na Suid-Afrika ingestel