# Die Regspraktykraad sê ‘n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van die geskorste advokaat Malesela Teffo. Dit volg nadat hy onverwags in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn het tydens die verhoor van die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala en vier medebeskuldigdes vir onder meer poging tot moord. Die raad sê Teffo se naam is steeds van die rol geskrap en hy mag nie in Suid-Afrika praktiseer nie. Die Gautengse direkteur van die raad, Ignatius Briel, sê hulle werk saam met die polisie om die lasbrief uit te voer.
Lasbrief uitgereik vir inhegtenisneming van geskorste advokaat Teffo