# Die dodetal ná verlede week se verwoestende kits-oorstromings op die grens tussen Nepal en Tibet het meer as ‘n duisend bereik. Die getal vermistes is aangepas na drie-duisend-916, insluitend meer as 600 werkers wat vermoedelik in moddergevulde tonnels in hidrokragprojekte vasgekeer is. Minstens 16 mense is in die Chinees-beheerde Tibet dood en minstens 546 word vermis. Nepal se eerste minister, Balendra Shah, sê die rampe wat tans ervaar word, is weens klimaatsverandering en verg dringend aandag.
Dodetal weens kits-oorstromings in Nepal en Tibet oorskry 1 000