# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het Sasol Gas se aansoek vir maksimum gaspryse vir die 2026/2027-boekjaar en deel van die 2027/2028-boekjaar goedgekeur. Die goedgekeurde maksimum gasprys vir eindgebruikers is 97-rand-31-sent per gigajoule vir die eerste kwartaal van 2026/2027, terwyl handelaars en herverkopers ʼn maksimum van 92-rand-44-sent per gigajoule sal betaal. NERSA-woordvoerder, Charles Hlebela, sê ʼn kwartaallikse prysaanpassingsmeganisme sal tot Maart 2028 in plek bly, met ʼn verhoging bo tien-persent wat skriftelike goedkeuring van die reguleerder vereis:
NERSA keur Sasol Gas se maksimum pryse vir twee boekjare goed [KLANK]
ENG HlebelaONSasolGas