Skip to content

Minister Ramokgopa sê munisipale skuld is bedreiging vir Eskom se volhoubaarheid [KLANK]

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipale skuld bly een van die grootste uitdagings vir Eskom se finansiële volhoubaarheid. Op 31 Mei vanjaar het munisipale skuld op 111,6-mijard-rand gestaan en teen Junie het dit tot sowat 119-miljard-rand gestyg. Dit volg nadat Eskom vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar ‘n wins na belasting getoon het. Dit is 30,3-miljard-rand, wat meer is as 2025 se herverklaarde 14-miljard-rand. Ramokgopa sê die regering se ingryping by skuldverligting was nooit ʼn permanente oplossing nie:

ENG RamokgopaOnMunicipalDebt