# Die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid se 2026 Sake-omgewingsopname sê streng arbeidswetgewing en regulatoriese vereistes is van die grootste struikelblokke vir ekonomiese groei. Volgens die opname onder 369 ondernemings, beskou byna 80-persent van ondernemings met meer as 200 werknemers arbeidswette as ‘n ernstige beperking. Ondernemings het verwys na vaardigheidstekorte en rompslomp. Sekere ondernemings meen vereistes vir regverdige indiensneming ontmoedig hulle om hul arbeidsmag uit te brei. Die Kaapse Kamer sê hervormings aan arbeidswetgewing kan ondernemings help om die nodige vaardighede te bekom, hul werksaamhede uit te brei en werk te skep.
Arbeidswette verhinder sakegroei