Skip to content

Kaasname ‘n kopseer in handelsgesprekke tussen Amerika en Mexiko

# ‘n Ongewone geskil oor kaasname soos feta, manchego en Parmigiano Reggiano, is nou ‘n struikelblok in handelsgesprekke tussen Amerika en Mexiko. Amerika voer aan dié name het algemene benamings geword en Amerikaanse kaasvervaardigers behoort dit te kan gebruik as hulle produkte na Mexiko uitvoer. ‘n Handelsooreenkoms tussen Mexiko en die Europese Unie sal dié name egter onder geografiese reëls beskerm. Europese amptenare sê die ooreenkoms kan nie verander word nie. En die worsteling met handelstransaksies van miljarde dollar laat onderhandelaars nou wonder of die muis se kaas nie dalk bitter is nie!