# Die Gesondheidsdepartement sê die onlangse onttrekking van Enalapril tien-milligram-tablette van Arya Pharma raak nie dieselfde produk wat in vyf-milligram verpak word nie. Laasgenoemde word tans aan openbare gesondheidsgeriewe verskaf vir behandeling teen hoë bloeddruk en hartversaking. Woordvoerder Foster Mohale sê die tablette is slegs as tydelike alternatief goedgekeur terwyl die gekontrakteerde verskaffer, Austell Pharmaceuticals, ná gehaltetoetse ʼn vertraging ondervind met die beskikbaarheid van vyf-milligram-produkte:
Gesondheidsdepartement gee gerusstelling oor onttrekking van Enalapril 10 mg-tablette [KLANK]
ENG MohaleONRecall