Skip to content

Koeberg-eenheid 1 van lyn gehaal nadat turbine uitskakel [KLANK]

# Eskom sê hy het die Koeberg-kernaanleg se Eenheid Een veilig en volgens prosedure van lyn gehaal nadat ʼn turbine vroeg gisteroggend uitgeskakel het. Monitering van die aanleg het bevestig dat bedryfstoestande tydens die voorval bestendig gebly het. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê kernveiligheid was nooit in gedrang nie en daar was geen gevaar vir werknemers, die publiek of die omgewing nie. Sy sê Koeberg se beskerming- en moniteringstelsels funksioneer soos dit moet en verseker dat die eenheid altyd veilig is:

ENG MokwenaOnKoeberg