Skip to content

Voormalige argitek van Zuma se privaat woning in Nkandla beveel om die staat R147,2-miljoen terug te betaal

# Die Spesiale Tribunaal het die voormalige Nkandla-projekargitek, Minenhle Makhanya, gelas om 147,2-miljoen-rand aan die Nasionale Tesourie terug te betaal. Dit is vir verliese wat verband hou met onwettige sekuriteitsopgraderings by oudpresident Jacob Zuma se privaat woning. Die tribunaal het bevind dat Makhanya se aanstelling onwettig was en dat hy werk buite die sekuriteitsvereistes vir die opgraderings gemagtig het. Gevolglik het die projekkoste gestyg van die goedgekeurde 27,9-miljoen-rand tot 216-miljoen-rand. Die SOE sê enige bewyse van strafregtelike gedrag sal na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys word.