Die regering het die moord op ‘n offisier van die Wes-Kaapse Taktiese Reaksiespan, Zamani Mzayiya, veroordeel. Mzayiya was in Knysna ontplooi om onlangse moorde te ondersoek, insluitend dié van voormalige burgemeester Aubrey Tsengwa. Die regering het belowe diegene wat verantwoordelik is, sal voor die gereg gebring word. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, het die publiek versoek om misdaadaktiwiteite aan te meld en inligting te verskaf wat met die ondersoek kan help:
Regering veroordeel moord op wetstoepasser in Knysna [KLANK]
ENG BaloyiOnKnysnaOfficer