Skip to content

Gletser-instorting moontlike oorsaak van dodelike kitsvloed in Nepal en Tibet

# Satellietbeelde dui aan gister se dodelike kitsoorstroming naby Nepal se grens met Tibet is moontlik veroorsaak toe die onderste gedeelte van ‘n gletser afgebreek en honderde meter ver in die vallei neergestort het. Dis nog onduidelik wat die instorting veroorsaak het, maar Nepalese amptenare meen ‘n aardbewing in Suid-Asië kon moontlik ‘n rol gespeel het. Volgens die BBC het die dodetal intussen tot 177 gestyg, terwyl 826 mense steeds vermis word.