# Illovo sê vertragings met die instel van ‘n hersiene dollar-gebaseerde verwysingsprys vir ingevoerde suiker plaas toenemende druk op die plaaslike suikerbedryf. Die voorgestelde verwysingsprys sal van tien-duisend-838-rand tot 14-duisend-425-rand per ton verhoog word. Illovo sê die toename in suikerinvoere benadeel plaaslike suikerrietprodusente en suikermeulens, en bedreig werksgeleenthede en landelike gemeenskappe. Die onderneming vra die regering om die hersiene maatreël dringend in die Staatskoerant te publiseer en tussentydse beskermingsmaatreëls te oorweeg.
Illovo vra dringende ingryping oor sloering met suikerinvoerbeskerming