# Die vakbond Solidariteit dreig met regstappe teen die Departement van Korrektiewe Dienste oor die indiensneming van byna 200 voormalige G4S-werkers by die Mangaung-korrektiewe sentrum in die Vrystaat. Volgens die vakbond het die Arbeidshof gelas die werknemers moet na die departement oorgeplaas word met hul bestaande regte en diensjare ongeskonde. Theunis van Staden van Solidariteit sê sommige werkers is sonder salarisse en voordele en dring aan die hofbevel moet geïmplementeer word.
Solidariteit oorweeg regstappe oor voormalige G4S-werknemers