Skip to content

Departement Justisie betaal bykans R500-miljoen in Waarheids- en Versoeningskommissie-skadevergoeding

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement het reeds bykans 500-miljoen-rand uitbetaal in vergoedingsbetalings wat met die Waarheids- en Versoeningskommissie verband hou. Sy het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regulasies is in 2003 gepubliseer vir ‘n eenmalige toelaag van 30-duisend-rand en meer as een-duisend-600 slagoffers geïdentifiseer om dit te ontvang. Sy sê teen 20 Augustus het 17-duisend-560 uit 21-duisend-676 slagoffers aansoek gedoen en is intussen betaal. Sy sê die name van vier-duisend-216 mense wat nog nie aansoek gedoen het nie, is gepubliseer.