Skip to content

Rugby: Johannesburg staan agter die Leeus vir vanaand se kragmeting met die All Blacks op Ellispark

# Rugby: Die Stad Johannesburg en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika sê hulle is gereed om ondersteuners op Ellispark te verwelkom vir vanaand se wedstryd tussen die Leeus en Nieu-Seeland. Die Springbokke en Nieu-Seeland het die naweek die eerste toets op dieselfde stadion gespeel. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsontwikkeling, Thapelo Amad, sê die Ellispark-omgewing is belangrik en hy wil sien dat meer mense rugby geniet. Hy het ondersteuners aangespoor om PRASA se treine vanaf Parkstasie na Ellispark te gebruik om druk verkeer te vermy.