# Die Amerikaanse regering het Sirië amptelik verwyder van sy lys van lande wat terrorisme steun. Die land was sedert 1979 op die lys toe Washington oudpresident Hafez al-Assad se regering beskuldig het dat hulle militante groepe ondersteun. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die besluit erken die positiewe stappe wat die Siriese regering onder president Ahmed al-Sharaa gedoen het om volkome afstand te doen van internasionale terreurbedrywighede. Hy sê dit sal nuwe geleenthede skep vir Sirië se ekonomiese herlewing en vooruitgang ontsluit.
Sirië verwyder van Amerika se lys van staatsborge van terrorisme